Waar is onsGPS aanwysings: S22 35.132' en E28 48.916'
Daar is 2 roetes wat gevolg kan word. Die een langer en met meer hoofwee, maar beter paaie, en die ander korter, en meer 'scenic' , maar bevat 'n 60km grondpad.
1) Neem die N1 Snelweg vanaf Pretoria / Johannesburg. Gaan regdeur Pietersburg (Polokwane). Volg die roete om die stad na Dendron (borde lees ook Zimbabwe). Vandaar na Vivo,en dan volg Alldays. In Alldays neem u die pad na Swartwater. Sowat 40 km. later kruis die Swartwater pad, die van die Platjang grenspos. Hier draai u regs. Rietfontein is sowat 8km op hierdie pad op regterkant. Kyk uit vir ons bord en die groot berg.
2) Hierdie roete is effe korter, maar bevat ongelukkig ook 'n lang stuk grondpad. U draai weg van die N1 by Nylstroom. Volg nou die roete na Vaalwater, Melkrivier, Marken, Baltimore en dan Tolwe. Dis heir waar die pad 'n grondpad word. Volg die grondpad tot waar dit die Maasstroom/ Swartwater pad krujis, en hou dan reguit aan in die rigting van die grenspos. Rietfontein is sowat 8 km. na die kruising aan die regterkant. Kyk uit vir ons bord.
|

















