• Afrikaans (South Africa)
  • English (United Kingdom)

Bank besonderhede

HJ Myburgh

Standard bank

Louis Trichardt

 Branch: (052549)

Account: 330188526

Akkommodasie

 

(Vir  beskikbare datums, kyk by 'beskikbaarheid', en om te bespreek,

vul asb die besprekingsvorm in. ) 

 Rietfontein plaas is 'n 1600 ha. omheinde plaas, wat spog met beide 'n rivier en 'n

berg. Slegs  'n klein gedeelte van die plaas word vir landbou bedrywighede aangewend.

Die plaasopstalle is onderskeidelik 3.2km en 4.3km vanaf die hoofingang, en die jagkamp is weer  sowat 1.2km vanaf die naaste opstal, teenaan die rivier.
By die jagkamp is 'n skietbaan wat aangewend kan word vir teiken-skiet, en om gewere in te skiet.

  'n Inloop koelkamer is beskikbaar vir gejagde wild.

BELANGRIK: Daar is beperkte selfoon opvangs by Rietfonteinplaas.

Akkommodasie by ons jagkamp word verskaf in 'n nuutgeboude jag-huis reg op die rivier oewer.

Genoeg beddens om 8 mense met gemak te kan akkommodeer, in 2 aparte slaapkamers,

elk met 'n afsonderlike badkamer (aparte stort en toilet)

Elke kamer het glasdeure wat oopskuif, en direk na buite lei, met 'n pragtige water uitsig.

Alle linne word voorsien, bring net eie handoeke.

 

  

Vir meer foto's besoek ons Galery blad.

 

'n Pragtig toegerusde kombuis help om voorbereiding van enige kos

in 'n maklike taak te omskep. Alle elektriese toebehore word voorsien

soos 'n stoof, yskas, vrieskas, ketel, broodrooster en mikrogolf oond.

 

Eetgerei en breekgoed word ook voorsien.

 

 

'n Baie gesellige lapa reg op die rivier-oewer sal sorg vir onvergeetlike

laatnag kuiers by 'n gesellige knetterende bosveld-vuurtjie.  Daar is

genoeg lig sodat kos nie sal verbrand nie, met genoeg sitplek en 'n

gerieflike buite-wasbak.

 

 

Jacuzi

Buite, op die rivierbank is 'n unieke 10-sitplek spa-bad, om in af te  koel

in die somer maande, of jou koue lyf op te warm in die winter. Voorsiening

vir warm en koue water.

 Vir meer foto's besoek gerus ons Galery blad. 

Facebook

Die Weer

Besoekers Rekord

mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterVandag22
mod_vvisit_counterGister75
mod_vvisit_counterHierdie Week348
mod_vvisit_counterLaas Week369
mod_vvisit_counterHierdie Maand955
mod_vvisit_counterLaas Maand1699
mod_vvisit_counterTot nou14128