Die Plaas
Geleë in die distrik Alldays, aangrensend aan die pragtige Magalakwena rivier
wat 'n 5 km. grens vorm aan die suidekant van die plaas.
Die Madiapala berg (bloed van die rooibokke) verdeel die plaas rofweg
in 2 dele van ongeveer 800 hk. elk.
Die rivier en die berg voorsien 'n baie diverse habitat vir 'n groot verskeidenheid
-dier, voël en plantlewe, wat menige besoekers keer op keer teruglok.
Of jy nou wil jag, visvang of net die voëllewe wil kom besigtig, beloof 'n besoek aan
Rietfontein dat besoekers met 'n uitgerusde siel sal terugkeer huistoe.
















