(vir besprekings besoek die besprekings bladsy)

 

 

Akkommodasie word voorsien in 'n nuutgeboude rivier-sig jaghuis, wat genoeg slaapplek het vir 8 enkel persone in 2 afsonderlike slaapkamers. Elk met sy eie badkamer (stort en wasbak), en aparte toilet.Elke kamer het 'n glasdeur wat direk na buite gaan, en 'n uitsig oor die water het.

Beddegoed sal voorsien word, maar bring net u eie handoeke saam.

 

 
 

 

 

 

'n Pragtige toegerusde kombuis, sal kosmaak in 'n gemaklike taak omskep. Die kombuis het alle moderne geriewe soos 'n elektriese stoof, mikrogolf-oond, yskas, vrieskas, ketel en 'n toaster. Alle eetgerei word ook voorsien. 'n Breek deposito sal gehef word.

 

 

'n Heerlik gesellige lapa sal vir laatnagte se gekuier sorg. Toegerus met 'n buitewasbak, en genoeg beligting. Ysterpotte word voorsien

 
 
 

Daar is 'n heerlike 10-sitplek spa-bad om in af te koel in die warm somermaande, of selfs om jouself warm te maak in die winter. Warm -en koue water opsies beskikbaar.